VERWYDERING VAN BEPERKENDE TITEL VOORWAARDES, HERSONERING, VERGUNNING EN AFWYKINGS: ERF 1361 CITRUSDAL

2 min read73 views

Body:

VERWYDERING VAN BEPERKENDE TITEL VOORWAARDES, HERSONERING, VERGUNNING EN AFWYKINGS: ERF 1361 CITRUSDAL

Kennis word hiermee gegee in terme van artikel 45 van die Cederberg Munisipaliteit se Verordening op Munisipale Grondgebruik en Beplanning dat die bovermelde aansoek ontvang was en dat dit beskikbaar vir insae beskikbaar is gedurende weeksdae tussen 08:00 en 15:00 by die kantoor van die Grondgebruiksbeplanning , 2A Voortrekkerstraat, Clanwilliam. Enige geskrewe kommentaar moet, in terme van artikel 50 van die genoemde wetgewing geadresseer aan Privaat sak X2, Clanwilliam, 8135, of gefaks word na (027) 482 1993, vir aandag van Mnr. A. Neethling, op of voor 30 dae van die datum van publikasie van hierdie kennisgewing, met vermelding van hierdie kennisgewing en met aanduiding van u naam, adres of kontakbesonderhede, belang by die aansoek en rede vir kommentaar. Kommentaar kan gestuur woord na landuse@cederberg.gov.za . Telefoniese navrae kan gerig word aan Mnr. A. Neethling by (027) 482 8000. Die Munisipaliteit mag weier om aansoeke wat na die sperdatum ontvang was te erken. Enige persoon wie nie kan skryf nie kan bygestaan word deur 'n Munisipale beampte om amptelik hul kommentaar op skrif te stel.

Die uwe

Munisipale Bestuurder

  • Die OPHEFFING VAN BEPERKENDE VOORWAARDES vervat in par. I. C. (i), (ii), (iii), (iv) en (v) van TRANSPORTAKTE T59313/2026 ten einde die verdere ontwikkeling van die Eiendom in lyn te bring met die ontwikkelingsparameters vir die toepaslike soneringsklassifikasie ingevolge die Cederberg Munisipaliteit: Soneringskemaverordening;
  • HERSONERING van die Eiendom vanaf ENKEL RESIDENSIËLE SONE I na ALGEMENE RESIDENSIËLE SONE II (vir "woonstelle");
  • VERGUNNING vir 'n GASTEHERBERG ten einde tydelike verblyf vir verbygaande gaste toe te laat; en
  • PERMANENTE AFWYKING om die laterale boulynbeperkings vanaf 4,5 m na 2,0 m te verminder en parkeer voorsiening van 14 na 11 staanplekke.
Share:

More from Cederberg Municipality